Stoffbergers maak dit agt in ‘n ry

Die hoof van die skool, Koos Boshoff het die leerders gelukgewens met hul prestasies en sy tevredenheid uitgespreek met die feit dat die skool vir die agtste agtereenvolgende jaar ‘n 100 persent slaagsyfer behaal het.

Die jaar het op ‘n hoë noot by die Hoërskool Stoffberg begin toe die skool vanoggend (Donderdag) met trots aangekondig het dat daar vir die agste jaar agtereenvolgende ‘n 100 persent slaagsyfer was.

Die matriekuitslae van 2016 is gisteraand bekend gemaak en vanoggend kon leerders, wat verlede jaar hul matriekeksamen afgelê het, hul uitslae by hul onderskeie skole gaan kry.

Stoffberg se uitblinker is Bertus Lombard, wat met agt onderskeidings geslaag het. Hy het onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde, rekeningkunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, lewensoriëntering en rekenaartoepassingstegnologie behaal.

Dié slimkop gaan vir ‘n ouditeursfirma in Heilbron werk terwyl hy deur Unisa gaan studeer om homself as ‘n geoktrooieerde rekenmeester te bekwaam.

Bertus het gesê dat hy regdeur die jaar hard gewerk het.

“My raad aan hierdie jaar se matrieks sal wees om van dag een af skouer aan die wiel te sit,” het hy gesê.

“Doen die werk soos wat jy dit kry. Dit help nie om uit te stel nie. Wanneer die werk dan te veel raak weet ‘n mens nie waar om te vat of waar om te los nie,” het Bertus gesê.

Nikita Kozte was die Hoërskool Stoffberg se tweede beste presteerder en het ses onderskeidings losgeskryf.

Stoffies se ander trots is Nikita Kotze, wat ses onderskeidings losgeskryf het en Reinette Pieterse wat vyf onderskeidings behaal het.

Beanka Branders het drie onderskeidings behaal.

Drie leerders het elk twee onderskeidings ontvang tewyl 13 leerders elk een onderskeiding agter hul naam het.

Die hoof van die skool, Koos Boshoff het die leerders gelukgewens met hul prestasies en sy tevredenheid uitgespreek met die feit dat die skool vir die agtste agtereenvolgende jaar ‘n 100 persent slaagsyfer behaal het.

Kyk hier na meer foto’s

FOTO’S: Prag en praal by verlede jaar se matriekafskeide

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version