Agt van die 112 onderskeidings wat deur die 2016 matrieks van Die Anker behaal is behoort aan die hoofdogter van die skool, Alizma Britz.
Alizma het onderskeidings behaal in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, besigheidstudies, rekenaartoepassingstegnologie en ekonomie.
Die ander 250 Ankers, wat die eindeksamen geskryf het, het ook nie teleurgestel nie.
Die leerders het altesaam 112 onderskeidings ingehark en 41 persent het met universiteitstoelating geslaag.
Die skool se slaagsyfer het die 100 persent mylpaal rakelings met ’n skrale 0.40 persent gemis.
Die ander uitblinkers was Michelle de Wet, Leoné Maree en Isabel van der Vyver, wat elk vyf onderskeidings los geskryf het.
Lee-Andri Ebersohn en Joleen Els het elk vier onderskeidings ontvang.