Een jaar agter die rug vir fiksheidsentrum

Tydens die viering van die sentrum se een jarige bestaan is verskeie lede ook vereer.

Die Hoërskool Stoffberg het aan die begin van die jaar ‘n fiksheidsentrum geopen wat bestuur word deur Body Lifestyle Adjustment Kit (BLAK) Fitness Circle.

BLAK Fitness Circle huisves ook Brakpan Weightlifting en klem word gelê op funksionele fiksheid vir die leerders, sportspanne van die skool en die gemeenskap.

Tydens die viering van die sentrum se een jarige bestaan is verskeie lede ook vereer.

Toekennings is gemaak aan: Vernon du Preez (beste prestasie deur ‘n man), Marie Fourie (beste prestasie deur ‘n vrou), Wikus van Coller (beste algemene prestasie vir mans) en Michell Wilsnagh (beste algemene prestasie vir vroue).

Die sentrum het ook onlangs ‘n agt-weke uitdaging aangebied waar lede hulle fiksheid en sterkte verbeter het en ook gewig kon afskud.

Exit mobile version