Local newsNews

Jong kunstenaars beïndruk met hulle kunswerke

“Die jong kreatiewe kinders het ’n sekerheid in hulself ontdek deur te sien dat kuns nie net ’n eindproduk is nie, maar die ontdekking van kreatiwiteit.”

Kinder Kuns Klasse het onlangs weer ’n kunsuitstalling, wat vol pret en kleur was, aangebied.

Kunswerke, deur kinders tussen die ouderdomme van ses tot 15 jaar is uitgestal en dit was duidelik dat ’n jaar van harde werk vrugte afgewerp het.

Die kinders het deur die loop van die jaar met ’n groot verskeidenheid mediums gewerk, maar die gemmerbroodhuisies wat geskep is, was, soos altyd, ’n groot aantrekkingspunt.

Lees ook: Curro learners’ art on display

Van die ander werke wat ook vanjaar uitgestaan het was onder meer ’n volledige poppekas met werkende gordyn, wat saam met ’n prins of prinses marionet en perd gemaak is, asook groot blaarbakke wat uit sement deur die jong kunstenaars gegiet is.

“Die kinders het dit ook vreeslik geniet om self op kreatiewe wyse tassies uit ontbytgraanbokse te ontwerp,” het Petra Ahlers, eienaar van Kinder Kuns Klasse gesê.

Lees: Arende spog met kuns

“Die jong kreatiewe kinders het ’n sekerheid in hulself ontdek deur te sien dat kuns nie net ’n eindproduk is nie, maar die ontdekking van kreatiwiteit,” het sy bygevoeg.

Kunstenaars wat aan die uitstalling, wat deur die publiek besigtig is, deelgeneem het is: Andi Venter, Hydi Venter, Angelo Fresco, Charlize Burger, Katinka Ahlers, Mirna Dysel, Caitlin Peacock, Tamryn Olinger, Garion Olinger, Kyla Vorster, Daniel Geyser, Chase Douglas, David de Lange, Jariska Ströh, Aninka de Lange, Kayla Rathbone en Janka Ströh.

Lees ook: Kinders skep kuns

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button