Editor's choiceLocal newsNews

Wen R1 000 met jou Kersfoto

Vanjaar sal die persoon wat die wenfoto ingestuur het , ‘n R1 000 koopbewys van VC Super Spar, in Dalview, ontvang.

Die laaste uitgawe van die Herald verskyn op 23 Desember en, soos in die verlede, vra ons weer vir die publiek om vir ons ’n gepaste voorbladfoto te neem.

Daar is ook hierdie jaar ‘n lekker prys vir die wenfoto.

Vanjaar sal die persoon wat die wenfoto ingestuur het , ‘n R1 000 koopbewys van VC Super Spar, in Dalview, ontvang.

Neem die volgende in ag voordat jy jou foto instuur:

•’n Foto sal slegs oorweeg word indien dit ’n Kersfeestema het, en daar moet ten minste een persoon in die foto wees.

•Die foto moet in j-peg formaat wees en nie digitaal gemanipuleerd wees nie.

•Foto’s moet ook ten minste 1MB groot wees.

•Foto’s mag nie ouer as ’n maand wees nie (dus sal verlede jaar se Kersfeesfoto’s nie werk nie).
Die volgende inligting moet saam met die foto ingestuur word:

• Name, vanne en ouderdomme van al die persone in die foto.

• ’n Kort beskrywing van die foto, insluitend waar en wanneer dit geneem is.

• Naam, van en kontaknommer van die fotograaf.

Indien enige van hierdie inligting ontbreek sal foto’s nie in ag geneem word nie.

Foto’s kan per e-pos gestuur word na brakpanherald@caxton.co.za, of jy kan die foto by ons kantoor, te Van der Waltweg 61, Dalview, inhandig.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 15 Desember, om 9vm.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

stacyslatter

News editor.

Related Articles

Back to top button