ViA-Vinkies neem steeds kleintjies onder die vlerk

Terwyl die kinders deur ‘n groep kundige vrywilligers onderrig word, word daar ook opheffingswerk onder die ma’s gedoen.

Die ViA-Vinkie Kleuterskool het onlangs sy jaarlikse gradeplegtigheid en afsluitingsfunksie gehou.

Die projek is sowat ses jaar gelede op die been gebring, om kinders te help wie se ouers nie kleuterskool onderriggelde kan bybring nie.

Dit is egter nie net die kinders wat baat vind by die projek nie.

Terwyl die kinders deur ‘n groep kundige vrywilligers onderrig word, word daar ook opheffingswerk onder die ma’s gedoen.

“Ons groepie was vanjaar klein, maar ons is steeds baie trots op ons twee kinders wat gegradueer het, en volgende jaar met hul laerskoolloopbaan sal begin,” het Esther Rothman gesê.

Jessica Muller en Kaylee Barnard was Donderdagoggend baie in hul noppies met hul skooltasse en uniforms, wat hulle van die ViA-Vinkies ontvang het.

Dié twee en hul ander maatjies se oggend is perfek afgerond toe Kersvader sy opwagting na die formalitiete gemaak het, en geskenke uitgedeel het.

“Om hierdie projek aan die gang te hou, is ons afhanklik van bydraes en skenkings uit die gemeenskap. Kruideniersware is ook ’n groot behoefte aangesien ons ook poog om die ouers by te staan,” het Rothman gesê.

Sy het ook vir almal wat deur die loop van die jaar een of ander bydrae tot die projek gemaak het, hartlik bedank.

Exit mobile version