Editor's noteMunicipalNews

Inwoners kan weer sonder water sit danksy nog ‘n massiewe waterlek

“Die huidige lek is op dieselfde pyplyn waar daar verlede week in Springsweg ook probleme was.”

Gedeeltes van Glamorganlaan is tans onder water en vir verkeer gesluit.

Modderige water stroom al vir ‘n geruime tyd in die pad af, as gevolg van ‘n lekkende pyp.

Werknemers van die Rand Waterraad het reeds met herstelwerk begin, maar dit is nie duidelik hoe lank dit sal duur nie.

“Die huidige lek is op dieselfde pyplyn waar daar verlede week in Springsweg ook probleme was,” het die DA raadslid Stefanie Ueckermann gesê.

Kyk hier na die video

Duisende liters water het verlede Donderdag verlore gegaan toe water by ‘n pyp in Springsweg etlike meters hoog in die lug ingespuit het.

Volgens Ueckermann moet inwoners van Minnebron, Sunair Park, Sonneveld, Kenleaf, Dalview en Dalpark Proper hulself voorberei om vir ‘n tyd sonder water te wees.

“Dit sal noodsaaklik wees om die watertoevoer na die gebiede te staak om herstelwerk aan die pyp te doen,” het Ueckerman gesê.

Kyk hier na ‘n foto en ‘n video van ‘n sinkgat wat onstaan het as gevolg van die reuse waterlek

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button