Editor's choiceLocal newsNews

Motorfietsryers bederf inwoners van Tweedy Park

Die motorfietsryers het gesorg dat daar lekker braaivleis, koeldrank, eetgoed en musiek was.

Daar het Saterdagoggend ‘n vrolike atmosfeer by Tweedy Park geheers, toe die meestal bejaarde inwoners heerlik bederf is deur lede van verskeie motorfiesklubs.

Die klubs het, onder leiding van die president van die Just Numbers Klub, Thea Malan, saamgespan en ‘n prettige oggend vir die bejaardes gereël.

Die inwoners het geskenkpakkies gevul met toiletware en eetgoedjies ontvang, waarna daar lekker saam gekuier is.

Die motorfietsryers het gesorg dat daar lekker braaivleis, koeldrank, eetgoed en musiek was.

“Dit is is vir ons baie lekker om so bederf te word en ons is dankbaar,” het Mariana van der Westhuizen (63) gesê.

Die motorfietsklubs wat bydraes gemaak het en seker gemaak het dat die inwoners van Tweedy Park ‘n genotvolle oggend gehad het, is Undaunted Gauteng, Just Numbers, ThunderBoyz, Knights, Mutts, End Time Warriors Motorcycle Ministry, Vog Owners Group en die Biker Boyz.

“Dit was vir ons ‘n voorreg om te kon terug gee aan so ‘n kosbare groep mense,” het Malan gesê.

Kyk hier na meer foto’s

Related Articles

Back to top button