Local newsNews

Outydse motor- en motorfietsskou by Laerskool Môrewag

Oud en jonk word uitgenooi om die dag te geniet.

Die Laerskool Môrewag bied ‘n motor- en motorfietsskou op die skoolgronde, te 45 Evansstraat, Brenthurst, aan.

Die skou vind op 27 November, vanaf 8vm tot laat plaas, en is ‘n fondinsameling vir die 2017 rugbytoer.

Talle outydse motors en motorfietse sal op die skoolgronde pronk.

Oud en jonk word uitgenooi om die dag te geniet en verskillende stalletjies, asook verversings en kos, sal beskikbaar wees.

Die rugbyseuns sal ook teen ‘n spotgoedkoop bedrag karre was gedurende die dag.

Vir meer inligting, kontak vir Warren Burger (072 638 7810) of besoek die skou se Facebook-blad.

Related Articles

Back to top button