Opvolg: Lyk op sypaadjie — dit is wat met die hondjie gebeur het

Die liggaam van Isabel Venter (50), wat in Brakpan gewoon het, is vroeg die oggend deur ’n verbyganger raakgesien.

Lees die oorspronklike berig hier

Die Brakpan SAPD het bevestig dat daar nog geen arrestasies gemaak is, nadat die lyk van ’n naakte vrou op 28 Oktober op ’n sypaadjie in Derbylaan gevind is nie.

Die liggaam van Isabel Venter (50), wat in Brakpan gewoon het, is vroeg die oggend deur ’n verbyganger raakgesien.

Sy was met kledingstukke vasgebind en sy het op haar maag gelê. Haar Pekingese hond het op haar lyk gesit, totdat dit verwyder is.

Lees: Vermoorde vrou se hondjie het op haar lyk gesit

Dit het intussen aan die lig gekom dat die Pekingese hond veilig by ’n vriend van die oorledene is, wie dit nou versorg.

Daar was geen uitwendige beserings aan die oorledene se liggaam sigbaar nie en die oorsaak van haar dood blyk verwurging te wees.

Kapt Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan SAPD, het Maandag aangedui dat die ondersoek voortgaan.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Exit mobile version