Dorp nie deur vloed-chaos geraak
Die Stoffberg duikweg was wel vir ’n ruk vir die verkeer gesluit nadat water tot byna teen die brug opgedam het.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/27/2016/11/Stoffberg-duikweg-brakpan.jpg)
Terwyl ten minste ses mense gister hul lewens verloor het in vloed-chaos wat dele van Ekurhuleni en Johannesburg getref het, het Brakpan lig daarvan afgekom.
’n Woodvoerder van die Ekurhuleni Nooddienste, Jorrie Jordaan, het vanoggend (Donderdag) bevestig dat daar geen buitengewone voorvalle in die dorp was nie.
Die Stoffberg duikweg was wel vir ’n ruk vir die verkeer gesluit nadat water tot byna teen die brug opgedam het.
Kyk hier na ‘n video van die haelstorm wat verlede jaar in Brakpan plaasgevind het:
Lees: Haelstorm rig derduisende rande se skade aan
Die vloedwater het gistermiddag laat groot skade aangerig en talle mense moes uit hul voertuie op die N3 gered word.
Dele van die O.R. Tambo-lughawe was onder water en sommige vlugte is na ander lughawens verwys.
’n Grensmuur by die Johannesburgse Dieretuin, langs Jan Smutsrylaan het ook omgeval.
Lees ook:
Update: Cars submerged after flash flooding in Linksfield
Emergency services on high alert for violent thunderstorms
Volg ons: