CrimeNews

Kriminele slaan toe in die hitte

Die Brakpan SAPD het ’n waarskuwing aan inwoners gerig om nie saans met oop deure en vensters te slaap nie.

Dit blyk dat die versengende hitte wat die afgelope paar dae heers deur kriminele uitgebuit word.

Die Brakpan SAPD het ’n waarskuwing aan inwoners gerig om nie saans met oop deure en vensters te slaap nie.

Kapt Peet van der Schyff van die Brakpan SAPD het gesê dat daar die afgelope tyd ’n toename was in huisbrake.

“Die warm weer van die afgelope paar dae het beslis ’n faktor gespeel,” het Van der Schyff gesê.

“Ons vind dat die publiek saans met oop vensters en deure slaap en dit maak dit baie makliker vir kriminele om toegang tot iemand se eiendom te verkry,” het Van der Schyff gesê.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Back to top button