Tiener (15) steek man wat haar gryp en in bos probeer dwing

Die dapper tiener kon gelukkig daarin slaag om die man met ’n mes aan die linkerkant van sy kop te steek.

’n 15-Jarige tiener het Woensdagmiddag verbete geveg teen ’n man wat haar van agter gegryp en in digte bosse probeer sleep het.

Die dapper tiener kon gelukkig daarin slaag om die man met ’n mes aan die linkerkant van sy kop te steek.

Lees: Motoris steek vermeende kaper in gesig

Sy het die mes in haar sak gehad.

Die tiener het vertel dat sy Woensdag ongeveer 3nm naby die Schapensrust Stasie geloop het, op pad na haar huis in Brenthurst.

“Ek het gehoor iemand hardloop agter my en die volgende oomblik was daar ’n man langs my.”

“Hy het gesê ‘sanibonani’ en my aan die arm gegryp,” het die tiener vertel.

“Ek het groot geskrik en ’n mes, wat in my sak was, gevat en ’n hele paar keer na hom gesteek.”

“Ek weet ek het hom een keer raak gesteek.”

“Hy het my neergegooi en deur my sakke gevoel.”

Die aanvaller het die kind se selfoon gevat asook die mes, waarmee sy haarself beskerm het.

“Die man het toe probeer om my na ’n bos te sleep, maar gelukkig het iemand dit gesien en geskreeu.”

“Ek kon dit toe regkry om weg te hardloop. Ek het probeer kyk wie die persoon was wat geskreeu het, maar ek kon niemand sien nie.”

Die kind het na haar ouerhuis in Brenthurst gegaan waarna die voorval by die SAPD aangemeld is.

Sy het ’n ligte besering aan haar heup opgedoen.

Lees ook: Victim escapes after rapist falls asleep

Exit mobile version