Sorgsentrum benodig hulp

Die sorgesentrum steun, soos baie ander organisasies, sterk op skenkings van die publiek en besighede.

Die Jabes Sorgsentrum is ‘n plek van veiligheid waar seuns tussen die ouderdomme van sewe en 13 jaar gehuisves word.

Mona Loubser, ‘n maatksaplike werker, staan aan die hoof van die sorgsentrum, wat in Brakpan gesleë is. Weens die feit dat dit ‘n plek van veiligheid is, kan die speisfieke ligging nie bekend gemaak word nie.

Loubser het gesê dat daar tans agt seuns gehuisves word maar, indien nodig, kan meer ingeneem word.

Die sorgesentrum steun, soos baie ander organisasies, sterk op skenkings van die publiek en besighede.

Loubser het almal wat in die verlede hulp verleen het bedank, maar ook gevra vir skenkings van goedere wat dringend nodig is.

“Ons het skryfbenodighede vir skoolgaande kinders, toiletware en skoonmaakmiddels dringend nodig,” het sy gesê.

Persone wat kan help kan haar kontak by 073 209 9622 of 011 740 0363.

Exit mobile version