Local newsNews

Roerende borskanker-video oor innerlike stryd en oorwinning

Met die oog op Borskankerbewustheidsmaand wil die Herald graag weer die roerende video aan lesers deel.

Nikita Kotze, ’n leerder aan die Hoërskool Stoffberg, wat kuns as ’n vak neem, het besluit om die video te vervaardig as deel van ’n projek wat sy moes aanpak.

“Ek wou graag kanker uitbeeld, omdat kanker deur so baie mense ervaar word. Mense baklei elke dag vir net nog een dag, maar soms wen kanker die stryd,” het Nikita vertel toe sy gevra is waarom sy juis kanker as die onderwerp vir haar video gekies het.

Die persoon oor wie die video handel, en wat die hoofkarakter vertolk, is Ina Fouché (52) wat self ’n lang pad met borskanker gestap het.

Lees meer hier

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button