Die aanvallers het glo sonder waarskuwing op die groep losgebrand.
Volgens Ramohlola is twee mans ook tydens die skietery beseer.
Beide die beseerdes is na ‘n naby geleë hospitaal geneem.
Volgens Ramohlola het die mans ongeveer 9nm langs die pad, naby die Plastiek Plakkerskamp, net buite Anzac gesit.
‘n Onbekende aantal mans het hulle genader en op die groep begin skiet.
Die drie oorledenes is op die toneel dood.
Die motief van die aanval is nie bekend nie.
Volgens inligting is die mans glo onwettige myners (Zama-Zamas).
Die voorval word ondersoek en meer inligting sal volg.
Lees ook:
Pa en dogter op geskiet nadat groot bedrag geld getrek is
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.