Editor's choiceNewsSchools

Hoërskool Stoffberg se eerste kunsuitstalling na 70 jaar

'n Groep van om en by 200 kunsliefhebbers het opgedaag vir die kunsuitstalling.

Hoërskool Stoffberg het verlede Dinsdagaand ’n kunsuitstalling gehou wat die eerste een is na 70 jaar.

‘n Groep van om en by 200 kunsliefhebbers het opgedaag wat wyn, sjerrie, sap, koffiekoek en souttertjies kon geniet terwyl hulle die kuns van die leerders bewonder.

“Verlede jaar was definitief vir my ‘n hoogtepunt, want 40 persent matriekleerders, wat Visuele Kunste as ‘n vak gehad het, het ‘n onderskeiding behaal,” het Alyssa Strydom gesê.

Strydom het bygevoeg dat verlede jaar haar eerste matriekgroep was, aangesien Visuele Kunste sedert 2013 deur haar aangebied is by Hoërskool Stoffberg.

Altesaam 11 toekennings was aan senior leerlinge, wat hard gewerk het aan hulle kunsprojekte, oorhandig.

Die toekennings is as volg:

Beste portret: Melissa Goosen
Beste tekening: Suné van Aardt en Donné Viljoen
Beste vordering: Chané Fourie
Beste beeldhouer: Zani van Vuuren
Beste verbeelding: Leoné Kleynhans
Beste kleurvermenging: Joané Human
Beste keuse van konsepte: Arlené Cilliers
Beste uitbeelding met waterverf: Michelle Kamffer
Beste vrye kwashaal-en kleurgebruik: Chané de Beer
Ambassedeur van die kunste: Zani van Vuuren

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Back to top button