Sluit aan by die Knit en Natters

Indien jy van lekker geselskap hou en graag ’n bietjie handewerk doen is die Knit en Natter-groep die ideale groep om by in te skakel.

Die Knitter en Natters kom elke Woensdag van 9vm tot 11.30vm bymekaar en dan word daar lekker gebrei en gekuier.

Die lede brei blokkies, wat aanmekaar gewerk word, om sodoende komberse van alle groottes te skep.

Dié komberse word dan verkoop om geld vir die Kankervereniging in te samel.

Daar is ook onlangs besluit om elke tweede week ’n kunsklas aan te bied waar lede van die groep vir hulself oulike en handige items kan maak.

Lede wat nie self hul handewerk wil hou nie skenk dit, om op markdae verkoop te word.

Die lede is nie noodwendig inwoners van die Tweedy Park kompleks nie en almal is welkom om by hierdie groep in te skakel.

Die weeklikse byeenkomste vind by die Eric Holdtman Dienssentrum plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version