Annica Mans (6, tweede van links) en Tiani van Baalen (5, tweede van regs) het geskenpakke van die organiseerders ontvang. Saam met die twee dapper dogtertjies op die foto is hulle sussies. Danelle Mans (2) staan links en Mioni van Baalen (4) staan regs.
Saterdag was Nasionale Kolwyntjiedag en inkopiegangers by die Mall@Carnival het hulself verkyk aan rye tafels gedek met honderde mooi-versierde kolwyntjies.
Die kolwyntjies is deur vrywilligers gebak, ten bate van kinders met kanker, en aan die publiek verkoop teen R10 stuk.
Twee baie spesiale dogtertjies het ook hul verskyning by die geleentheid gemaak en geskenkpakke van die organiseerders ontvang.
Annica Mans (6) is ‘n dapper kleintjie wat op 27 Mei, vanjaar, met Leukemia gediagnoseer is en steeds behandeling ontvang.
Tiani van Baalen (5) is op die ouderdom van 15 maande met breinkanker gediagnoseer. Dié kleinjie is tans kankervry, nadat sy intensiewe behandeling, in onder meer die VSA, ontvang het. Beide die kinders is van Sunward Park.
Die publiek het Saterdag se Kolwyntjiedag goed ondersteun en die geld wat ingesamel is sal aan die Cupcakes of Hope-organisasie oorhandig word.
Die skattige Benjii Mostert (2), wat in Constantia Kloof woon, het die Mall@Carnival saam met haar gesin besoek en kon die mooi kolwyntjies nie weerstaan nie.
Annica Mans (6, tweede van links) en Tiani van Baalen (5, tweede van regs) het geskenpakke van die organiseerders ontvang. Saam met die twee dapper dogtertjies op die foto is hulle sussies. Danelle Mans (2) staan links en Mioni van Baalen (4) staan regs.
Hannah Cornelius (5) het die oggend by die Mall@Carnival geniet.
Die ses-jarige Annica Mans (regs) en Tiani van Baalen (5) het geskenpakke van die organiseerders ontvang. Annica is met leukemie gediagnoseer en Tiani het ‘n stryd teen breinkanker gevoer.
Drie vrywilligers van St Dominics Skool, wat hul tyd opgeoffer het om kolwyntjies te verkoop, is (van links): Gabriella Delgado, Kelsi Swiegers en Akiena Arde
Morgan Appleton (links) en Kayleigh van Wyk was twee van die vrywilligers wat die mooi-versierde kolwyntjies verkoop het.
Klasmaats van Annica en Tiani het ook die Kolwyntjiedag gaan ondersteun. Die kinders is van die Elsparkie Kleuterskool, in Boksburg.
Een van die organiseerders van die oggend, Yolani Roos (regs), is hier te sien saam met ‘n helper, Leza de Bruyn.