Local newsNewsUpdate

Gesin wat in veld bly het nou ‘n dak oor die kop

Volgens die man het hulle geen ander heenkome gehad nie en het hulle aanvanklik in hul voertuig geslaap.

‘n Gesin wat vir byna twee weke in ‘n oop veld, aangrensend aan Powerstraat, gewoon het, het Donderdag hulp gekry en woon nou in ‘n kamer in Brakpan-sentraal.

Die 37-jarige man het verlede Donderdag aan die Herald vertel dat hy, sy vrou (28), hul twee kinders (ses en drie) asook nog ‘n familielid onlangs uit hul huurhuis in Powerstraat gegooi is.

Lees hier die oorspronklike berig

Volgens die man het hulle geen ander heenkome gehad nie en het hulle aanvanklik in hul voertuig geslaap.

‘n Weldoener het later vir die gesin ‘n tent gegee, waarna hulle vir ‘n paar dae in die tent geslaap, en oor hul besittings gewaak het.

Die tent was vir 'n paar dae die gesin se blyplek. Voor dit het hulle in 'n voertuig geslaap.
Die tent was vir ‘n paar dae die gesin se blyplek. Voor dit het hulle in ‘n voertuig geslaap.

Die man het verduidelik dat hy die afgelope vier jaar ‘n huis in Powerstraat gehuur het.

Weens sekere omstandighede het die eienaar van die huis al die deure, asook die hek voor die huis in Desember verwyder, in ‘n poging om die gesin te dwing om uit te trek.

“Ek het geweier en ons het tot onlangs in die huis gebly, met geen deure of ‘n hek nie,” het die man gesê.

“Die huis is baie naby aan die straat geleë en ek het elke nag gevrees vir die veiligheid van my vrou en kinders.”

Die man het ‘n inspuiting vol brandstof getrek en daarmee langs sy bed geslaap.

“Ek het nie ‘n vuurwapen nie en ek sou die brandstof uitspuit en aan die brand steek indien iemand ons wou leed aandoen,” het hy verduidelik.

Hy het ook vishoeke aan vislyn vasgemaak en aan die bome voor die huis gehang in ‘n poging om boosdoeners uit die huis te hou.

“Ons is baie keer gedreig met die dood en my vrou is selfs met verkragting gedreig,” het hy vertel.

“Ek het besef dat ons nie in die veld kon bly nie en kon daarin slaag om ‘n kamer gehuur te kry.”

Weldoeners het Donderdag met vervoer en arbeid gehelp, sodat die man sy gesin se besittings na hul nuwe huurplek kon skuif.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button