Editor's choiceLocal newsNews

Help AfriForum om die Brakpan Dam weer mooi te kry

“Die doel van die projek is om gemeenskapsdeelname te bevorder en die aandag te fokus op die skandvlek wat rommel op ons dorp se skoonheid laat.”

Die burgerregteorganisasie AfriForum is reeds gedurende September landwyd met verskeie selfdoen aksies besig en díe naweek spring die Brakpan-tak ook in.

Die AfriForum Brakpan-tak gaan Saterdagoggend (24 September) vanaf 9vm saam met belangstellende gemeenskapslede ’n opruimingaksie rondom die Brakpan Dam loods.

“Die doel van die projek is om gemeenskapsdeelname te bevorder en die aandag te fokus op die skandvlek wat rommel op ons dorp se skoonheid laat,” het ’n woordvoerder van AfriForum Brakpan gesê.

“Brakpan was altyd geken vir sy netheid en die enigstes wat dit kan bewaar is die gemeenskap (oud en jonk) self,” het die woordvoerder bygevoeg.

“Ons wil bitter graag skouer aan skouer saam met belangstellendes ons moue oprol en ons dorp stukkie vir stukkie begin skoonmaak.”

Lede van die publiek wat by die skoonmaakaksie wil inskakel moet teen môremiddag (Vrydag) hul verlangde t-hempgrootte via WhatsApp na 083 632 1952 of per e-pos na brakpan.afriforum@gmail.com stuur.

Meer inligting is ook beskikbaar op Facebook by “AfriForum Brakpan” waar vrae geantwoord kan word.

“Ons sien uit na ’n oggend vol opwinding en pret vir elkeen,” het die woordvoerder gesê.

Die groep sal vanaf 8.30vm by die parkeerarea van die Lake Restaurant, waar veilige parkering gereël word, bymekaar kom.

Karwagte sal na die motors kyk en die publiek word vriendelik versoek om ’n fooitjie byderhand te hou vir die wagte.

Lees ook: 

AfriForum Brakpan kies bestuur

Leer Johan Fourie ken

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button