Local newsNews

Leandré (8) is as algehele wenner gekroon tydens gesogte kompetisie

Sy het weg geloop as die wenner van die Best Charity Box, haar ouderdomsgroep, die provinsiale kategorie (Gauteng), Junior Top Model en is uitendelik toe gekroon as die algehele wenner.

Leandré Stander (8), ‘n graad twee leerling aan die Laerskool Brakpan-Oos, was onlangs die algehele wenner van die Toddler and Tween of the World kompetisie.

Sy het weg geloop as die wenner van die Best Charity Box, haar ouderdomsgroep, die provinsiale kategorie (Gauteng), Junior Top Model en is uitendelik toe gekroon as die algehele wenner.

Die agt-jarige ontvang modelklasse by Vogue East Rand en daar is geen keer aan haar as dit met liefdadigheid te doen het nie.

Leandré het voor die kompetisie ‘n tjek, ter waarde van R1 000 vanaf Pick n Pay Sherwood Gardens ontvang, om haar op haar reis te gehelp het.

Lees: Leandré gives back for Mandela Day 

Sy het die skenking gebruik om terug te gee aan die gemeenskap, deur Huis Talita, wat om en by 10 kinders huisves, te besoek en hulle te verras met nodige goedere. Sy het ook kosbare tyd saam met al die kinders spandeer.

“Leandré sien uit daarna om die groot titel vir die volgende jaar agter haar naam te dra, en beplan groot liefdadigheidsprojekte,” het Melissa Palazzo, Leandré se ma, vertel.

Lees ook: Wenners van Mej Carnival Toyota

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button