Local newsNews

Akteurs van Sy Klink Soos Lente kuier by Stoffberg

Die akteurs Amalia Uys, Bennie Fourie en Bouwer Bosch het die leerders ’n voorsmakie gegee van hulle nuwe film Sy Klink Soos Lente.

Leerlinge van Hoërskool Stoffberg het verlede Woensdag sterre in hulle oë gehad toe akteurs van ’n Afrikaanse film by die skool ’n draai kom maak het.

Die akteurs Amalia Uys, Bennie Fourie en Bouwer Bosch het die leerders ’n voorsmakie gegee van hulle nuwe film Sy Klink Soos Lente.

Die romantiese komedie vertel die storie van ’n motorwerktuigkundige, Ben (Stiaan Smith), wat een aand sy baas se dogter, Linda (Amalia Uys), ontmoet in ’n kroeg.

Daar is dadelik vonke tussen die twee, maar Ben raak paniekerig toe Linda hom vra wat hy doen vir ’n lewe. Uit die paniek kom die antwoord dat hy ’n hoofsanger van ’n orkes is.

Om die leuen te volhou, en die meisie se hart te wen, ontstaan die orkes Groenblare.

Die film word op 30 September vrygestel in filmteaters.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button