CrimeEditor's choiceNews

Vrou slaag daarin om weg te jaag toe kaper poeier in haar gesig gooi

Die vrou het by die stopteken stilgehou en die man het vinnig na haar kant beweeg en ’n wit poeier in haar gesig gegooi.

’n 40-Jarige vrou van die dorp het verlede Vrydagoggend benoude oomblikke beleef toe ’n persoon, wat vermoedelik haar voertuig wou kaap, ’n tipe poeier in haar gesig gegooi het.

Die vrou het haar twee kinders (twee en vyf jaar) by ’n kleuterskool in Dalview afgelaai en het ongeveer 7.15vm by ’n stopteken op die hoek van Gloucesterlaan en Afrikanerweg stilgehou.

“Ek het ’n man by die stopteken gesien staan en ook ’n swart Polo opgemerk, wat daar naby geparkeer was,” het die vrou vertel.

“Ek het my nie veel aan die man gesteur nie omdat daar maar gewoonlik mense op sypaadjies rondstaan.”

Die vrou het by die stopteken stilgehou en die man het vinnig na haar kant beweeg en ’n wit poeier in haar gesig gegooi.

“My ruit was ’n entjie oop en die volgende oomblik het die man ’n vuurwapen op my gerig en my beveel om uit te klim,” het die vrou vertel.

“My voertuig was gelukkig in rat en ek kon daarin slaag om vinnig weg te trek.”

Die vrou het na haar skoonpa se huis, in Dalpark gery waar sy die SAPD gekontak het.

Volgens haar was die poeier wit van kleur en het haar oë dadelik begin jeuk.

“My vel het ook later ietwat jeukerig gevoel,” het sy gesê.

Die voorval word ondersoek.

Lees ook:

Vrou beweer drie mans bedwelm haar: Ingespuit en poeier in mond gedruk 

Rowers volg en beroof man na hy geld by bank trek

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button