Het iemand gesien wat met Rambo gebeur het?

Daar word bespiegel dat die vyf-maande-oud Husky, Rambo, na die heining gelok was en deur die tralies geforseer is deur ‘n vreemdeling.

Die Botes gesin, wat in Brakpanstraat woon, het Woensdag met ‘n skok agtergekom dat ‘n gedeelte van hulle heining stukkend gesny is en dat hulle Husky weg is.

Daar word bespiegel dat die vyf-maande-oud Husky, Rambo, na die heining gelok was en deur die tralies geforseer is deur ‘n vreemdeling.

“Ek het by die huis aangekom en dit vreemd gevind dat ek nêrens vir Rambo sien nie,” het Eunice Botes vertel.

“Gewoonlik sal daar al heelwat gate gewees wat hy gegrou het. Sy waterbak was ook amper onaangeraak. Dit beteken dat Rambo nog vroeg deur die verloop van die dag al kon verdwyn het.”

Na verdere inspeksie het Eunice ontdek dat die draad naaste aan hulle hek, wat aan die onderkant van hulle heining vasgemaak is met kabelbande, los was. Sy het aan die Herald gewys hoe ‘n paar van die kabelbande, wat onderaan die heining gelê het, geknip was.

“Dit is toe dat ek besef het iemand die kabelbande moes geknip het en vir Rambo deur die tralies geforseer het,” het sy gesê.

Rambo en die vyf-jarige Katelyn.

”Dit is ook vir my baie vreemd dat iemand so iets helder oordag kon doen; dit is tog ‘n baie besige straat.”

“My vyf-jarige dogter, Katelyn, se hart was gebreek nadat Rambo verdwyn het. ’n Hond is soos ‘n familielid in ons huis en ek kan nie glo dat iemand so iets aan ons sal doen nie.

“Eers het ek gedink dat ek Rambo binne die huis wou hou, aangesien dit nog ‘n jong hond is, maar daar was aangeraai dat buite ‘n beter keuse is, sodat hy oefening kan kry.”

Eunice het bygevoeg dat hulle nou eers ‘n paar maande in dié huis bly en dat hulle deur die dorp gery het om vir Rambo te soek.

Sy het ‘n vriendelike versoek verrig aan inwoners wat enigiets buitenaard opgemerk het of verdere inligting het, om haar by 083 496 3421 te kontak en bygevoeg dat die persoon wat die hond aan hulle terugbesorg ‘n beloning sal ontvang.

Lees ook: 

Video: Man steals puppy from yard, owner takes action 

Exit mobile version