Editor's choiceLocal newsNews

Oud-onderwyser van Stoffberg oorlede

Japie Steyn ‘n lang en gelukkige loopbaan, tot en met sy aftrede in 1985, by Stoffberg geniet.

‘n Gewilde en toegewyde oud-onderwyser van die Hoërskool Stoffberg, Japie Steyn, is Sondag. op die ouderdom van 91 jaar, oorlede.

Lees: Bekende oud-onnie word 90 jaar

Steyn het in 1952 by Stoffberg begin skool hou, waar hy aardrykskunde aangebied het.

Hy was egter ook ‘n groot sport entoesias.

Hy was, onder andere, voorsitter van die Oos-Transvaalse Hoërskole Atletiekvereniging, asook die Oos-Transvaalse Hoërskole Rugbyvereniging.

In 1957 het hy ‘n pos in Hottentots Holland gekry, maar in 1958 het hy weer terug gekeer na Stoffberg.

Hy het ‘n lang en gelukkige loopbaan, tot en met sy aftrede in 1985, by Stoffberg geniet.

Steyn was ‘n formidabele man wat bekend was vir sy opregte belangstelling in sy medemens, asook vir sy sin vir humor.

Hy en sy vrou, Marie, het verlede jaar hul 65ste huweliksherdenking gevier.

Lees ook: Egpaar vier 65ste huweliksherdenking

Hy laat ook twee kinders, Jacques en Mariets, asook kleinkinders en agterkleinkinders na.

‘n Gedenkdiens het vind môre (Donderdag) 11vm plaas vanuit die NG Kerk Brakpan-Wes.

Related Articles

Back to top button