Editor's noteLocal newsNews

Verkragting van vroue is onaanvaarbaar

“Ek het met kommer opgemerk dat daar die afgelope tyd verskeie voorvalle van verkragting in die dorp was.”

Kapt Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan SAPD, het Maandagoggend hulde gebring aan vroue.

Joubert het ’n groot groep lede en administratiewe personeel van die Brakpan SAPD toegespreek en klem daarop gelê dat vroue met liefde en respek behandel moet word en nooit seergemaak moet word nie.

“Ek het met kommer opgemerk dat daar die afgelope tyd verskeie voorvalle van verkragting in die dorp was.”

“Dit het my net weereens laat besef dat daar ’n duidelike boodskap moet wees dat vroue te alle tye respek verdien en beskerm moet word,” het Joubert gesê.

Hy het na afloop van sy huldeblyk, aan al sy vroue kollegas ’n geel roos en sjokolade oorhandig.

Related Articles

Back to top button