Editor's noteLocal newsNews

Skryf nou in vir Mej Carnival Toyota

Daar is nog tyd vir belangstellendes om in te skryf.

Die soektog vir Mej Carnival Toyota 2016, wat tydens vanjaar se Pannefees aangewys sal word, is reeds volstoom aan die gang.

Die Pannefees word vanjaar op 30 September en 1 Oktober gehou. Die Mej Carnival Toyota 2016 kompetisie sal 1 Oktober plaasvind vanaf 12.30nm.

Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die kompetisie is verleng na 15 September.

Belangstellendes sal in sewe kategorieë, volgens ouderdom, kan meeding en daar is kontantpryse, vakansies en vele meer op die spel.

Dit is noodsaaklik om die amptelike inskrywingsvorm, wat op die webtuiste van die Pannefees, www.pannefees.co.za beskikbaar is (of kliek op die volgende Mej Carnival Toyota Inskrywingsvorm), te voltooi.

Die kompetisie se reëls word duidelik daarop uiteengesit.

Lees ook:

Wenners van Mej Carnival Toyota (2015)

Kyk hier na meer foto’s van verlede jaar se Pannefees

Related Articles

Back to top button