Editor's noteNewsSchools

By dié skool word boelies beslis nie geduld nie

‘n Spesiale Stop Boelie-muur, waar elke leerder hul handdruk kon aanbring, ter ondersteuning van die veldtog, is verlede Vrydag by die skool onthul.

Leerders aan die Laerskool Dalview het verlede week almal hul steun toegesê aan ‘n Stop Boelies-veldtog, wat by die skool van stapel gestuur is.

Die veldtog is ge-koördineer deur ‘n ouerpaar van die skool, Jaco en Corinne Viljoen.

Junior en senior leerders, asook ouers, is deeglik bewus gemaak van die veldtog en die erns daarvan.

Barries Barnard, van die Hi5 Kids Recovey Eenheid het ondermeer die graad vier en vyf leerders en hul ouers toegespreek oor die uitdagings wat daagliks in die pad van kinders kom.

‘n Spesiale Stop Boelie-muur, waar elke leerder hul handdruk kon aanbring, ter ondersteuning van die veldtog, is Vrydag by die skool onthul.

“Dit is vir ons uiters belangrik dat geen leerder in ons skool deur ‘n mede-leerder geboelie sal word nie. Ons sal dit onder geen omstandighede duld nie en dit is waarom hierdie projek in ‘n baie ernstige lig opgeneem is,” het die hoof van die skool, Tom Weys, gesê.

Benewens die muur, is daar is ook ‘n Buddy-bankie by die skool aangebring.

“Die doel van die bankie is dat kinders, wat een of ander krisis of probleem beleef, of net met iemand wil gesels op die bankie kan gaan sit,” het Weys verduidelik.

“Almal weet van die bankie, wat oop en bloot is, en ons glo dat ‘n kind wat daar gaan sit baie gou die nodige ondersteuning van mede-leerders of, indien nodig, van die personeel sal ontvang.”

Kyk hier na meer foto’s

Related Articles

Back to top button