Editor's choiceLocal newsNews

Vier honde binne ‘n week vergiftig

Die Brakpan DBV is ingeroep om met die kleintjies, wat nog aan die ma gedrink het, te help.

‘n 49-Jarige vrou, wat onlangs haar intrek in die dorp kom neem het, is erg ontsteld nadat vier van haar honde vergiftig is.

Carol Piek het onlangs in ‘n huis in Kitzingerlaan ingetrek en was verlede Donderdag geskok toe haar Belgiese herdershond vergiftig is.

“Die arme dier het dit nie gemaak nie en sy het onlangs 10 kleintjies gehad,” het Carol gesê.

Carol het die Brakpan DBV ingeroep om met die kleintjies, wat nog aan die ma gedrink het, te help.

Lees: Starving and injured boerboel rescued

“Dinsdag het ek my drie kleiner hondjies, wat in die huis bly, om ongeveer 8vm laat uitgaan,” het Carol vertel.

“Sowat ‘n halfuur later het ek al drie dood aangetref.”

Sy het bygevoeg dat ‘n buurman twee mans gesien het wat Dinsdag in die vroeë oggendure aan sy hek gepeuter het.

“Ek glo hierdie straat word deur inbrekers geteiken en ek wil maar net hê dat die inwoners in die omgewing op hul hoede moet wees.

“My honde was soos my kinders en het beslis nie verdien om vergiftig te word nie,” het sy gesê.

Lees ook: Jong kinders histeries toe vergifte hond in huis sterf

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)
BBM pin: 7F7A9F13

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button