Local newsNews

Eerste hoofseun van Stoffberg besoek sy skool weer

Hy was in 1950 hoofseun van die skool.

’n Groep oud-leerlinge van die Hoërskool Stoffberg, wat as die Vyftigers bekend staan, het Vrydagaand ’n gedenkwaardige aand by die skool beleef.

Onder leiding van Louw Pretorius, ’n 1964-matrikulant en Wouter Rothman, wat in 1965 hoofseun van die skool was, is hierdie funksie gereël vir oud-leerlinge wat meer as 50 jaar gelede aan die Hoërskool Stoffberg gematrikuleer het.

Die funksie het ook plaasgevind ter ondersteuning van die immergewilde revue van die skool, wat verlede week en die naweek opgevoer is.

Die Vyftigers het gesellig saam gekuier en talle kosbare herinneringe uit die luisterryke annale van die skool is met mekaar gedeel.

Die hoogtepunt van die geleentheid was toe ’n oud-onderwyser van die skool, Fred Terblanche, spesiale gedenkdasse aan die Vyftigers oorhandig het.

Een van die dasse is aan die eerste hoofseun van die skool, Murray Jacobson (84), oorhandig. Hy was in 1950 hoofseun van die skool.

Die Vyftigers moedig ook alle oud-leerlinge aan om die skool se 70ste bestaansjaar viering op 4 en 5 November by te woon.

Meer inligting oor dié verrigtinge sal later bekendgemaak word.

Kyk hier na meer foto’s

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)
BBM pin: 7F7A9F13

Related Articles

Back to top button