CrimeEditor's noteNews

Diewe steel terwyl bejaardes slaap

“Ek het naar gevoel en my bors was toegetrek, wat my laat wonder of die skelms nie iets in ons woonstel gespuit het nie.”

Diewe het Maandagoggend vroeg daarin geslaag om verskeie items uit ’n woonstel in Nightsbridge Court te steel terwyl die inwoners rustig geslaap het.

Sarie Roets (69) en haar man Felix Christie (67) het Maandagoggend om 4.30vm wakker geword toe die wekker afgegaan het.

Felix het opgemerk dat twee vensters van die kombuis oopgeforseer is en dat die booswigte alles wat hulle deur die vensters kon kry gevat het.

“Ek het naar gevoel en my bors was toegetrek, wat my laat wonder of die skelms nie iets in ons woonstel gespuit het nie,” het Sarie vertel.

Van die bure se besittings soos ’n mat, besem en mop is ook gesteel.

“Die voorval is baie ontstellend. Ons is pensioenarisse en dit is nie maklik om alles weer te vervang nie,” het Sarie gesê.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer: 0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)
BBM pin: 7F7A9F13

Lees ook:

Rowers gooi man in oop graf

Ma vat vier rowers aan toe hulle haar kind ut motor wil pluk

Related Articles

Back to top button