Editor's choiceLocal newsNews

Abigail is ewe tuis op die dansvloer en in haar karatepak

Wanneer sy nie haar danspassies oefen nie sal jy haar hard aan die gang kry met Tenshinkan karate, wat sy beoefen.

Wanneer dit by talent kom het Abigail Botha (7) beslis geen tekort nie.

Die kranige danser het Saterdag aan die Allegretto Kunswedstryd deelgeneem en twee goue sertifikate en een prestige sertifikaaat ontvang vir moderne dans (A+), ’n hip-hop duet saam Johanne van Wyngaardt (A++) en hip-hop solo (A+++).

Die kunswedstryd het by die Laerskool Môrewag plaasgevind.

Abigail is ook uitgenooi om in die hip-hop solo-item aan die Nasionale Showcase, wat in Augustus plaasvind, deel te neem.

Sy bring egter nie al haar tyd op die dansvloer deur nie.

Wanneer sy nie haar danspassies oefen nie sal jy haar hard aan die gang kry met Tenshinkan karate, wat sy beoefen.

Abigail het in Juliemaand goud vir kata en silwer vir kumite tydens die Tenshinkan Karate Dederation – Kancho Cup International Championships, wat in Benoni plaasgevind het, ontvang.

Abigail is ’n graad twee leerder aan die Laerskool Brakpan-Oos en sy dans by die Visions Dance Academy in Brakpan.

Abigail het onlangs baie goed gevaar tydens ‘n internasionale karate kampioenskap wat in Benoni plaasgevind het.
Abigail het onlangs baie goed gevaar tydens ‘n internasionale karate kampioenskap wat in Benoni plaasgevind het.

Lees ook: Dancers rake trophies in

Kids in Uganda dance to ‘Sorry’ by Justin Bieber

Karateka scoops two medals

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button