CrimeEditor's choiceNews

Vrou (73) verloor binne ‘n oogwenk R2000

“Ek het my kaart in die masjien geplaas en nog voordat ek my pinnommer kon intik, het dieselfde man oor my geleun en gesê dat hy sy strokie in die masjien vergeet het."

’n 73-Jarige inwoner van die dorp, wat Donderdagmiddag gedink het sy trek geld by ’n veilige OTM is wreed ontnugter.

Die vrou het aan die Herald gesê dat sy gewoonlik ’n OTM gebruik wat binne-in ’n winkel of vulstasie is.

“Ek het Donderdagmiddag ’n OTM by ’n vulstasie in Dalview gebruik,” het die vrou verduidelik.

“Daar was ’n man voor my, wat dadelik weg beweeg het toe hy klaar was.”

“Ek het my kaart in die masjien geplaas en nog voordat ek my pinnommer kon intik, het dieselfde man oor my geleun en gesê dat hy sy strokie in die masjien vergeet het.

“Alles het binne ’n oogwenk gebeur en die volgende oomblik was die skerm net rooi. Ek het dadelik besef dat daar fout was. Daar was ook geen teken meer van die man nie.”

“Die personeel was baie behulpsaam en ons het gou die betrokke bank gekontak om die voorval aan te meld.”

“Ek was nog besig om met die operateur te praat toe ek ’n sms van die bank ontvang, wat aangedui het dat daar R2 000 uit my rekening onttrek is.”

“Ek is altyd baie versigtig en op my hoede aangesien ’n mens soveel keer hoor van soortgelyke voorvalle.”

“Dit is verbasend hoe vinnig hierdie mense jou kan besteel. Ek gebruik juis nie tellermasjiene wat op afgeleë of onveilige plekke is nie.”

Lees ook:

Trek jy geld by die bank: Pasop dit kan met jou gebeur

Diewe vind altyd nuwe maniere om jou geld te vat

Pa en dogter op geskiet nadat groot bedrag geld getrek is

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button