Editor's noteLocal newsNews

Inwoner verstom met haar kreatiwiteit

“Ek het al ou koerante omskep in meubels vir poppe, mooi versierings vir die huis en piekniekmandjies."

Die Brakpan Herald word vir ‘n Minnebron inwoner nie net vir haar leesgenot gebruik nie, maar ook as ‘n materiaal om goedere te skep.

“Ander mense lees die koerant en gooi dit dan net weg, of laat dit iewers opgaar,” het Yolanda Rabe (43) vertel.

“Ek het al ou koerante omskep in meubels vir poppe, mooi versierings vir die huis en piekniekmandjies. Tans is ek besig om ‘n fontein te skep.

“My familie is wel baie kreatiewe mense en as gevolg van daai agtergrond was dit vir my maklik om geïnspireer te word om goedere te skep uit ou koerantpapiere.”

Yolanda het verduidelik dat sy aan die idee gekom het toe sy nog in Witbank gewoon het.

“Toe ek Brakpan toe trek, het ek nogsteeds aangehou daarmee. ‘n Mens moet net baie geduld hê wanneer jy met ou koerante werk. Dit gebeur nie net oornag nie en om selfs ‘n klein dingetjie te skep kan heelwat van mens se tyd neem.”

Talle mense glo nie die kreatiewe inwoner as sy vertel dat die goedere uit koerantpapier gemaak is nie.

“Veral my bure kom kyk gereeld waarmee ek besig is en bring ook vir my hulle ou Heralde. Hulle is altyd verstom as hulle sien waarmee ek besig is.

“Tog verbaas ek myself ook met die idees waarmee ek al vorendag gekom het. Nou die dag wou my kleinseun so graag ‘n trok gehad het en ek het besluit om een self te maak.”

Yolanda het wel bygevoeg dat die idee begin het nadat sy te lank gesukkel het om werk te kry en selfs bloedblase op haar voete gekry mhet, aangesien dit ‘n eindelose soek was.

“Ek het geen inkomste behalwe hierdie nie. Daar moet tog op een of ander manier geld gemaak word om aan die lewe te bly.”

Kyk hier na meer foto’s

Related Articles

Back to top button