Local newsNews

Kaalvoet seuntjie wat alleen ronddwaal is veilig

’n Foto van die seuntjie, wat ongeveer vier jaar oud is, het vanmiddag soos ’n veldbrand op sosiale media versprei.

Die kleuter wat vanmiddag (Donderdag) deur weldoeners op die hoek van Cavendishlaan en Voortrekkerweg gevind is, is in veilige hande.

’n Foto van die seuntjie, wat ongeveer vier jaar oud is, het vanmiddag soos ’n veldbrand op sosiale media versprei.

Die kind is deur Freddie Thomas (43) en sy vriend Dennis Rostoll opgemerk toe hy glo oor die besige kruising probeer loop het.

Die twee mans het die kind, vir sy eie veiligheid, genader en lank in die omgewing gewag om te sien of iemand opdaag om verantwoordelikheid vir die kind te neem.

Dit het nie gebeur nie. Die hulp van die Hi5 Kids Recovery Unit is ingeroep.

Nadat die voorval by die Brakpan SAPD aangemeld is, het Freddie se vrou, Anita, die kind na haar huis geneem en versorg.

Die kind se ma het kort daarna glo by die huis opgedaag waarna al die betrokkenes na die Brakpan SAPD gegaan het.

Vandaar is die kind en sy ma na die Rata Maatskaplike Dienste sodat die nodige gedoen kan word.

Related Articles

Back to top button