Draf sommer bietjie by die kermis

Elke deelnemer sal ’n medalje ontvang.

Tutela Gesinsorg Brakpan (voorheen die Christelike Maatskaplike Raad) beplan vanjaar ’n ringkermis, wat op Saterdag 27 Augustus gehou sal word.

Die kermis sal by die NG Gemeente Brakpan-Wes, te Reitz- en Paul Krugerstraat, gehou word vanaf 8.30vm.

Die Bibliathon 2016 reël ook ’n Bybelpretloop of pretdraf op dieselfde oggend om fondse vir die Bybelgenootskap in te samel.

Die pretloop, wat oor ’n afstand van vyf kilometer sal strek, sal om 10vm begin. Elke deelnemer sal ’n medalje ontvang.

Belangstellendes kan ook staanplek vir stalletjies bespreek.

Vir dié doeleinde kan die Tutela kantoor by 011 744 4020 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version