Editor's choiceLocal newsNews

Vrou brand erg toe warmwatersak bars

“Toe ek my broek aftrek het die velle saam met my klere afgekom. Dit was baie seer.”

’n 64-Jarige vrou van die dorp het onlangs ernstige brandwonde aan haar boude opgedoen toe die warmwatersak, waarop sy per ongeluk gaan sit het, gebars het.

Die vrou, wat versoek het dat haar naam nie gepubliseer word nie, het etlike sekondes in die kokende water gesit voordat sy daarin kon slaag om uit die stoel te kom.

Sy is na die voorval gehospitaliseer en is al verskeie kere na die teater waar die diep brandwonde behandel word.

Sy vertel dat sy dikwels ’n warmwatersak agter haar rug plaas aangesien sy ’n rugoperasie gehad het en dit verligting bring.

“As gevolg van my rugprobleem het ek ’n gemaklike en stewige kampstoel in my kamer, waar ek gewoonlik televisie kyk.

“Dit was verlede Vrydagaand koud en ek het oudergewoonte die sak met kokende water gevul en regop teen die stoel gesit, sodat dit teen my rug sou wees.”

“Toe ek gaan sit het die sak effe afgeskuif en het ek basies bo-op dit gaan sit. Ek het die nattigheid gevoel en aanvanklik net gedink die sak lek,” het sy gesê.

Dit het egter oopgebars en die kokende water het ’n poeletjie op die stoel gevorm.

“Ek het dadelik besef daar was groot fout toe ek begin brand, maar ek kon ook nie onmiddellik uit die stoel kom nie.

Die vrou se eggenoot het haar te hulp gesnel.

“Toe ek my broek aftrek het die velle saam met my klere afgekom. Dit was baie seer.”

Die vrou het die volgende dag mediese sorg gekry, maar is verlede Maandag in ’n hospitaal opgeneem waar sy intensiewe behandeling ontvang het.

Sy moet steeds prosedures ondergaan om seker te maak dat die brandwonde goed genees.

“Dis was maar ’n gesukkel om aan die begin te sit of op my rug te lê, maar dit gaan darem nou beter.”

“Die watersak was redelik oud en ek het eintlik daaraan gedink om dit te vervang. Ek sal beslis nie weer ’n sak vir ’n lang tyd gebruik nie.”

Lees ook:

Winter safety tips 

Related Articles

Back to top button