Rowers oorval huiswerker terwyl sy wasgoed ophang

Die huiswerker is na ’n kamer geneem waar haar hande en voete vasgebind is en die drie rowers het verskeie waardevolle items uit die huis geneem.

’n Gesin van Brakpan-Noord is verskeie waardevolle items kwyt nadat hul huiswerker Vrydagoggend deur rowers oorval is terwyl sy wasgoed opgehang het.

Die 54-jarige eienaar van die huis in Talbotstraat, wat verkies het om anoniem te bly, het gesê dat hy Vrydagoggend vroeg gaan werk het en dat sy vrou (51) ’n rukkie na hom vertrek het.

“Ons huishulp het wasgoed gaan ophang en toe sy wou terugkeer na die huis is sy deur ’n gewapende man oorrompel,” het die man gesê.

Die rower het haar in die huis ingedwing en haar geforseer om die gemotoriseerde hek oop te maak.

Twee ander rowers in ’n voertuig het toe toegang tot die erf gekry en hulle voertuig agter die huis gaan parkeer.

Die huiswerker is na ’n kamer geneem waar haar hande en voete vasgebind is en die drie rowers het verskeie waardevolle items uit die huis geneem.

“Hulle het ook die sleutels gevat en hulself uitgelaat,” het die huiseienaar gesê.

Die huiswerker kon daarin slaag om op haar boude na die agterdeur te skuif, waar sy om hulp geroep het.

’n Buurvrou het haar hulpkrete gehoor en haar te hulp gesnel.

Die voorval is by die SAPD aangemeld en word ondersoek.

Lees ook:

Vroue moet versigtig wees op hierdie plek

Stolen car recovered after shoot-out in Brenthurst, suspect arrested

Woman’s handbag stolen in distraction theft

Pa en dogter op geskiet nadat groot bedrag geld getrek is 

Exit mobile version