CrimeEditor's noteNews

Pa en dogter op geskiet nadat groot bedrag geld getrek is

Die gewapende booswigte het op die kar se ruite en deure begin hammer en die man gedreig om die kar oop te maak.

’n Brakpan inwoner en sy dogter het ’n noue ontkoming gehad Dinsdagmiddag nadat drie gewapende booswigte op hulle geskiet het, kortliks nadat ’n groot bedrag geld getrek is.

Volgens inligting ontvang van Brakpan SAPD het die man en sy dogter by ’n adres in Oberholzerstraat aangekom, nadat hulle ’n groot bedrag geld getrek het by ’n bank in Mall@Carnival.

Net toe hulle uit die kar wou klim, het drie verdagtes om die kar te voorskyn gekom; by die passassierskant, bestuurderskant en agter die kar. Al drie die gewapende verdagtes het op die kar se ruite en deure begin hammer en die man gedreig om die kar oop te maak.

Die man het geweier om die deure oop te maak, die kar in trurat gesit en weggejaag, waarna die aspirant-rowers op die kar begin skiet het.

Die pa en dogter het geen beserings opgedoen nie.

’n Saak van poging tot moord is by die Brakpan Polisiestasie oopgemaak en word tans ondersoek.

Lees ook:

Father and son robbed after withdrawing cash 

Trek jy geld by die bank: Pasop dít kan met jou gebeur

Waarskuwing: Diewe vind deurentyd nuwe maniere om jou geld te vat

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button