MunicipalNews

Onthou die krag gaan af

Inwoners moet solank voorsiening maak vir ‘n beplande kragonderbreking wat etlike ure kan duur.

Read the English version here

Vanweë voortdurende pogings om stabiele en betroubare kragvoorsiening aan verbruikers te verskaf, sal die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) Saterdag noodsaaklike instandhouding en herstelwerk uitvoer.

Die werk vind vanaf 10nm (25 Junie) tot 6vm (26 Junie) die volgende oggend, by die Van Eck Park substasie, plaas.

Die areas wat geaffekteer sal word is Brakpan (uitsluitende Brakpan-Noord), Langaville en Geluksdal.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button