Meer as 800 voertuie op karskou te sien

Benewens die sowat 800 voertuie wat uitgestal word sal daar ook vlooimark- en kosstalletjies wees, verskeie uitstallings en demonstrasies, asook musiek en kompetisies.

‘n Dag vol pret en opwinding wag op almal wat môre (Saterdag) die Geotab Just Wheels Motorskou bywoon.

Die organiseerders het die versekering gegee dat alles slaggereed is en dat die skou beslis die moeite werd sal wees.

”Die hekke open om 8vm en ons versoek dat die publiek ‘n nie-bederfbare kositem sal saamneem om by die hekke in te handig,” het Bart Zaayman, van die Just Wheels Klub, gesê.

“Indien elke persoon net een item bring behoort ons ‘n goeie hoeveelheid bymekaar te maak, wat onder minderbevoorregtes versprei sal word.”

Benewens die sowat 800 voertuie wat uitgestal word sal daar ook vlooimark- en kosstalletjies wees, verskeie uitstallings en demonstrasies, asook musiek en kompetisies.

Soos oudergewoonte sal skougangers ook die geleentheid kry om op ‘n ossewa, wat deur ‘n vol span osse getrek word, te ry.

Die skou word op die gronde van Muriel Brand Skool, in Brenthurst, gehou en fondse wat op die dag ingesamel word, word ook aan die skool geskenk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version