NewsSchools

Anker klop Jeugland op die rugbyveld

Die uitblinker in die stryd, was die buitesenter van Die Anker, JJ Keyser, wat drie keer agter Jeugland se doellyn gaan kuier het.

Die Valke Makroskole rugbyliga het onlangs afgeskop met Hoërskool Die Anker wat Hoërskool Jeugland gepak het.

Die eerstespan se wedstryd, wat goeie hardlooprugby opgelewer het, is deur Die Anker gewen met ’n eindtelling van 25-12.

Reynardt Theron, die kaptein van Die Anker, was woelig in die vaste skrum en het telkens die verdediging van Jeugland laat bond staan.

Die uitblinker in die stryd, was die buitesenter van Die Anker, JJ Keyser, wat drie keer agter Jeugland se doellyn gaan kuier het.

Keegan Venter het ook ’n drie gedruk en Riandré Brits het geslaag met een doelskop en een strafskop.

Lees ook:

Die Anker vier 10 jaar

Jong rugbyspelers gaan nog steeds voluit in reën

Related Articles

Back to top button