Man (55) aangerand en ontvoer deur motorkapers

Die slagoffer is aangerand deur die verdagtes, wat om ook aan sy regterbeen en -hand gesteek het met ‘n mes.

‘n 55-jarige is Maandagoggend deur drie motorkapers oorval en aangerand, nadat hy nie op hul bevele gereageer het nie.

Die insident het om en by 10.30vm plaasgevind, op die hoek van die Heidelpbergpad (R23) en Kootstraat.

Die man het verby ‘n vier-rigting stop gery en ‘n wit Subaru het voor sy bakkie stilgehou en hom gedwing om tot ‘n stilstand te kom.

Drie verdagtes, waarvan twee gewapen was, het uit die Subaru geklim en die man beveel om oor te skyf na die verdagtevoertuig toe.

Volgens inligting wat ontvang is van die Brakpan SAPD, het die motoris geweier om in die verdagtevoertuig te klim, wat die kapers meer aggressief gemaak het.

Die slagoffer is aangerand deur die verdagtes, wat om ook aan sy regterbeen en -hand gesteek het met ‘n mes.

Na die struweling het die verdagtes die slagoffer in die Subaru in gedwing en hom beveel om plat te bly by die agterste sitplek.

Een van die kapers het met die gekaapte voertuig weggejaag, asook twee selfone en die man se beursie.

Die ander twee makkers het met die slagoffer gery en hom afgelaai langs ‘n stortingsterrein wat in Kliprivierweg geleë is.

Die slagoffer het hulp ontbied van sekuriteitswagte wat hy by die stortingterrein gewaar het.

‘n Polisiewoordvoerder van die Brakpan SAPD het motoriste aangeraai om nie weerstand teen ‘n kaper te bied nie, omdat dit tot konfrontasie en aggressie kan lei.

‘n Saak van motorkaping is by die Brakpan Polisiestasie oopgemaak.

Lees ook:

POLICE ALERT – A must-read for all who travel on the N17 highway

Woman begs robbers to spare her elderly husband’s life

Vrou se oog beseer in padwoede voorval

Ma en kleuter erg getraumatiseer deur grypdief

Exit mobile version