CrimeEditor's noteNews

Man, wat bekende Brakpanner glo geskiet het, verskyn in hof

Die man wat daarvan verdink word dat hy ‘n voormalige en bekende inwoner van die dorp, Roosmarie de Jager (45), glo geskiet het, het Donderdag, bykans ‘n jaar na die voorval, vir die eerste keer in die hof verskyn.

Die Herald het verlede jaar berig oor die voorval waarin die mooi De Jager, op 1 Mei, 2015, op die N2, tussen Heroldsbaai en Glentana na bewering in die regter bobeen geskiet is (lees meer hier).

De Jager was ‘n jare lange inwoner van die dorp wat verlede jaar na Groot Brakrivier verhuis het.

Sy is in 2010 gekroon as die stylwenner van die Lady Gracious-kompetisie.

‘n Woordvoerder van die SAPD het destyds aan die Herald gesê dat die man (47) homself in die gesig geskiet het, nadat hy glo die vrou in die been geskiet het.

Hy was na bewering vir ‘n geruime tyd in die hospitaal.

Die man, wat ook van Brakpan afkomstig is, het Donderdag in die landdroshof op George verskyn, op ‘n aanklag van poging tot moord.

Die saak is uitgestel tot 8 Junie en hy is op borgtog van R2 000 en sekere voorwaardes vrygelaat.

Die naam van die persoon is aan die Herald bekend, maar mag nie gepubliseer word nie, totdat hy in die hof pleit op die aanklag teen hom.

Lees ook:

Denneoord murder investigation: two women arrested

Woman begs robbers to spare her elderly husband’s life

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button