Editor's choiceLocal newsNews

Beseerde Johann sal sy broer se begrafnis bywoon

Die broer van Téan van Aswegen (23), wat Saterdagaand in ‘n ongeluk oorlede is, gaan môre (Vrydag) die begrafnis van sy broer en boesemvriend kan bywoon.

 

Johann (26)  is ernstig beseer in die ongeluk en is vanoggend (Donderdag) uit die Life Glynnwood Hospitaal ontslaan. Hy het ondermeer ‘n operasie aan sy linker enkel ondergaan.

Die twee broers was Saterdagaand op die hoek van Jubilee- en Solomonweg in ‘n ongeluk betrokke.

Téan, wat bestuur het, is opslag dood en Johann het verskeie beserings opgdoen.

Daar was kommer dat Johann steeds in die hospitaal sou wees ten tye van die begrafnis en in dié geval sou hy per ambulans na die diens geneem word.

Chanelle du Plooy, Johann se verloofde, het vanoggend (Donderdag) aan die Herald gesê dat Johann ontslaan word.

Die begrafnis vind môre (Vrydag) om 10vm vanuit die NG Kerk, Dalpark op die hoek van Magnolia- en Boekenhoutstraat plaas.

Lees ook:

Onderwyser se seuns in ongeluk, een sterf, een ernstig beseer

Related Articles

Back to top button