CrimeEditor's noteNews

Waarskuwing aan vroue: Diewe gaps jou handsak so

’n Tweede vrou het onlangs die slagoffer van ’n skelmstreek geword, waartydens haar handsak binne ’n oogwenk uit haar motor gesteel is.

Die Herald het onlangs berig oor ’n 81-jarige vrou wie se handsak gesteel is toe ’n dief haar aandag afgetrek het, deur aan haar te sê dat daar ’n spyker in haar voetuig se wiel was. (Handsak gegaps).

Dieselfde teëspoed het onlangs vir Annatjie Mimmie (64) getref toe sy by ’n kafee in Voortrekkerweg stilgehou het.

“Ek het geparkeer en ’n man met ’n blou baadjie opgemerk asook een wat ’n glim-baadjie gedra het en homself voorgedoen het as ’n karwag.”

“Toe ek uit die winkel kom, het die twee mans steeds rondgestaan,” het Annatjie vertel.

“Ek het in my voertuig geklim, toe die man met die blou baadjie teen my ruit klop en sê dat daar ’n spyker in my voorwiel is.”

“Ek het uitgeklim, maar dadelik besef dat die mans moontlik probeer om my kar te steel.”

Annatjie vertel dat sy vinnig terug geklim het in haar voertuig en na haar huis gery het.

“Ek het so groot geskrik dat ek eers by my huis in Dalview besef het dat my handsak nie meer in die kar is nie.”

“Die twee mans moes saamgewerk het en in die sekondes toe my aandag afgetrek is het die ‘karwag’ seker sy kans waargeneem om my handsak te steel.”

“Dit is ’n groot verlies. ’n Mens dra basies jou lewe in jou handsak en dit is ’n beslommernis om alles te vervang.”

“Ek woon al 25 jaar in Brakpan en het nog altyd veilig gevoel. Ek voel beslis nie meer so nie,” het Annatjie gesê.

Die voorval is by die Brakpan SAPD aangemeld.

Lees ook:

Ma en kleuter getraumatiseer deur grypdief

Keep handbag out of harm’s way

Shop owner conned by women

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button