Polisieman se moordenaar steeds op vrye voet

Die rowers het op die R554 (Heidelbergpad) op Reynecke losgebrand en hy is in die bors en linkerarm getref.

Die persoon of persone wat verantwoordelik is vir die dood van adj-off Morné Reynecke (44), wat onlangs koelbloedig doodgeskiet is, is steeds op vrye voet alhoewel die ondersoek onverpoos voortgaan.

Reynecke is op 18 Maart afgemaai deur ’n persoon of persone wat ’n voertuig in Athlonelaan gekaap het.

Die vermoede is dat Reynecke die gekaapte voertuig asook die rowers se wegkom voertuig, ’n wit Seat, roekeloos of nalatig sien bestuur het.

Die rowers het op die R554 (Heidelbergpad) op Reynecke losgebrand en hy is in die bors en linkerarm getref.

Drie verdagtes het daarna op die vlug geslaan. Reynecke, wat getroud was met Christine (35), is later die aand in die Netcare Union Hospitaal oorlede. Die egpaar het ook twee kinders, Chanté (12) en Mario (15).

Kapt Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan SAPD, het bevestig dat daar nog geen arrestasies gemaak is nie.

Die ondersoek duur voort.

Lees ook:

Honderde neem afskeid van polisieman wat deur rowers afgemaai is

Vrou en kinders van polisieman wat dood geskiet is kry kans om hom te groet

SAPD en nooddienste op toneel van moontlike kaping en skietvoorval

Opvolg: Lid van SAPD oorlede na kaping en skietvoorval

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version