‘n Reus val in die Wandellaan

Die reuse boom, voor die Lone Star Restaurant, het glo ‘n persoon rakelings gemis.

‘n Boom in die Brakpan Wandellaan, wat die afgelope 10 jaar al vir groot frustrasie gesorg het, het Dinsdagoggend omgeval.

Die reuse boom, voor die Lone Star Restaurant, het glo ‘n persoon rakelings gemis.

Volgens Alec Bielovich, wat die afgelope 45 jaar die eienaar van die restaurant is, het hy die afgelope 10 jaar reeds met die Ekurhuleni Metro geswoeg om die boom afgesny te kry.

Hy het sy kommer uitgespreek oor ander bome, wat ook oud is en moontlik kan val.

Werkers van die metro was Dinsdagoggend gou in die Wandellaan om die boom op te sny en te verwyder.

Die persoon wat ‘n noue ontkoming gehad het, toe die boom geval het, kon nie opgespoor word nie.

Lees ook:

Vlamme gou geblus toe boom by Life Dalview Kliniek brand

Hewige sterk storm saai verwoesting

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version