Honderde neem afskeid van polisieman wat deur rowers afgemaai is

Geliefdes, familie, vriende en kollegas het vanoggend (Donderdag) afskeid geneem van adj-off Morné Reynecke (44), wat Vrydag oorlede is nadat hy deur rowers geskiet is.

‘n Somber atmosfeer het by die AGS Kerk, Brakpan-Wes geheers waar begrafnisgangers gewag het op Reynecke se kis om te arriveer.

Die kis is op ‘n insleepvoertuig van die SAPD na die kerk gebring.

Talle hooggeplaastes van die SAPD asook kollegas het hul laaste respek aan hul kollega kom toon.

Baie van die bergrafnisgangers was in WP-rugbytruie geklee en die begrafnisbrief van Reynecke het ook sy groot liefde vir die WP-rugbyspan weerspieël.

Reynecke is Vrydagmiddag in die bors en arm geskiet deur ‘n persoon of persone wat kort voor die voorval ‘n voertuig in Athlonelaan gekaap het.

Reynecke is later die aand in die Union Hospitaal in Alberton oorlede.

Hy was vir etlike jare verbonde aan die meganiese afdeling (Benoni Garage) van die SAPD.

Kyk hier na meer foto’s:

Polisieman vir oulaas gegroet (1)

Polisieman vir oulaas gegroet (2)

Lees ook:

Vrou en kinders van polisieman wat dood geskiet is kry kans om hom te groet

SAPD en nooddienste op toneel van moontlike kaping en skietvoorval

Opvolg: Lid van SAPD oorlede na kaping en skietvoorval

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version